Dear All

It is a great privilege and honour for Olives South Africa to bring the following to your attention.

The Agricultural WritersSouthAfrica Central did host the the Farmer of the year 2012: Northern Cape on the 29 September 2012 , at the Tuscan Rose Lodge, Bloemfontein.

Ben Visser was crowned as the Farmer of the year 2012: Northern Cape.  Herewith he also qualifies for the National Competition:  Farmer of the year 2012 South Africa,  which will be held on the 9th of November 2012 in Johannesburg.

Ben’s philosophy of life is: “Every day is a challenge to do what I do, to the best of my ability and to make a success of it.”  In short it can be summarized that his business is not only his job, but a passion for what he do.  His faith in God, his love for his work, his care for his parents, family and employees encourage him every day to work to the fullest and make a success of his business.

Please see the article in the Volksblad.

OWK nie meer in skadu van W-Kaap

2012/10/01 05:55:15 AM

DIE Noord-Kaapse boer van die jaar het die eerbewys aan sy ma opgedra wat dié week met kanker gediagnoseer is.

Ben Visser, ’n pekanneut- en olyfboer van die Eden-landgoed by Hartswater, het gesê sy ma, Deborah, is pas met longkanker gediagnoseer.

Sy word in die Mediclinic Bloemfontein behandel. Haar man, Ben sr., is by haar.

Visser het die trofee aan sy ma opgedra.

“Sy is vir my baie spesiaal. Ons is bekommerd oor haar.”

Sy ouers is ook van Hartswater waar hy onlangs die omskakeling van kontantgewasse na olywe gedoen het.

Hy het Olives South Africa begin en bemark 80 verskillende olyfprodukte – van olie tot velsorgprodukte.

Landbouskrywers Suid-Afrika Sentraal het sy boer en landboukundige vir die Vrystaat en die Noord-Kaap Saterdag in Bloemfontein aangewys. Die wenners dring deur tot die na- sionale kompetisie wat op 9 November in Gauteng beslis word.

Visser het gesê hy dra die eerbewys ook op aan al die mense wat saam met hom werk. “Die mense is wie ek is, dit is nie ek wat die trofee ontvang nie.”

Henning Burger van Upington, bestuurder: wingerdkundige en droëvrugte-tegniese diens-te van die Oranjerivier-wynkelder (OWK), is as die Noord-Kaapse landboukundige van die jaar aangewys.

Hy het gesê die wynboere het dit baie moeilik. Baie is deur die vloede in 2011 getref. Sommige het die wingerdstokke afgesny, maar hulle sien klaar weer na ’n nuwe oes uit.

Die naweek se koue het egter baie druiweboere erg bekommerd. “Daar is sowat 1000 produsente wat baie bekommerd is en vanaand baie sleg gaan slaap. Ons sal Maandag (vandag) hoor wat het gebeur. Ek boer self ’n bietjie. Ek hoop nie ons het te veel skade nie.”

Burger het gesê Suid-Afrikaners kan trots wees op die OWK. Jare lank het hy in die skadu van die Wes-Kaap en die topwyne van daar weggeraak. Min mense het geweet van die omvang van die wynbedryf aan die Oranjerivier.

“Amper 20% van die wyn word hier geproduseer. Wat ons trots maak, is dat ons in 2011 en 2012 as die beste wynkelder in Suid-Afrika op ’n omvang van 150000 tot 160000 ton aangewys is.”

“Dit is weer ’n teken van deursettingsvermoë. Die produsente is in staat om ’n hoë produksie van goeie gehalte op ’n volhoubare manier te lewer. Ek dra die eerbewys aan elke produsent in die land op.”

Landboukundiges vereer. Die Vrystaatse en Noord-Kaapse boer- en landboukundige van die jaar is die naweek deur Landbouskrywers Suid-Afrika Sentraal in Bloemfontein aangewys. Van links is Ben Visser, olyfboer van Hartswater (Noord-Kaapse boer van die jaar), Sechaba Majola, nuwe toetreder tot kommersiële landbou, Sentrale Streek, Henning Burger, bestuurder: wingerdkundige dienste en droëvrugte-tegniese dienste van die Oranjerivier-wynkelder (die Noord-Kaapse landboukundige van die jaar), Jan McPherson, hoof van Graan Suid-Afrika se boerdery-ontwikkelingsprogram (Vrystaatse landboukundige van die jaar) en Gerrit van Zyl, bonsmara-stoetteler van Dewetsdorp, die Vrystaatse boer van die jaar. Foto: Charles Smith

kliek hier om die res van die storie te lees…

×

Hello!

Click one of our representatives below to chat on WhatsApp or send us an email on our contact us page

× How can I help you?